Nuwe syfers van die Kantoor vir Nasionale Statistiek het bevind dat die meeste Britse mense hulself steeds as Christene beskou. Die aantal homoseksuele is intussen baie laer as wat voorheen geraam is. Volgens die kantoor is 71 persent van die bevolking Christene. Die statistiek is deur die Evangeliese Alliansie verwelkom. "Christene het toenemend verward gevoel oor wat hulle kan en nie kan sê of doen nie," het Stephen Cave, voorspraakdirekteur by die Alliansie, gesê: "Natuurlik is geloof persoonlik vir elke individu, maar dit beteken nie om te sê dit is heeltemal privaat nie - verreweg daarvan. Trouens, ons verwelkom dialoog met mense van alle oortuigings, insluitend ateïste. Waar moontlik moet ons in gesprek tree, nie konfrontasie nie'. Die syfers sal goeie nuus wees vir diegene wat glo dat Christenskap steeds 'n prominente rol in die openbare lewe moet hê en dui daarop dat geloofsverband sterk bly ten spyte van dalende kerkbywoning.
Bid: dat Christene ons geloof as die hart van die openbare lewe en die samelewing sal hervestig.(Spr.1:20)
Meer: http://www.christianpost.com/article/20100924/most-britons-still-identify-as-christian/index.html