Duisende Baptiste van regoor die VK het verlede naweek in Londen bymekaargekom vir die Algemene Vergadering van die Baptiste Unie van Groot-Brittanje (BUGB), wat ook 400 jaar sedert die stigting van die eerste Britse Baptistekerk gevier het. Die naweek is spandeer om God se visie vir die kerk vorentoe te probeer onderskei. Agu Irukwu, die senior pastoor van Jesus House, in Londen, het gesê sommige kerke was te gefokus daarop om Jesus en die kruis smaaklik te maak. Die kerk moet Jesus weer in die middel van sy boodskap plaas wat hy aan die Baptiste gesê het. 'Dank God vir vooruitgang in teologie, vir denkers in die kerk en vir kerke wat soekervriendelik moet wees. Maar dit blyk dat hoe meer soeker-vriendelik ons raak, hoe minder van Jesus kry ons so wanneer mense kerk toe kom is hulle nie seker of hulle in die kerk is of by 'n byeenkoms waar iemand 'n motiveringstoespraak hou nie'.
Bid: dat die boodskap wat deur Agu gegee is, 'n snaar sal tref by alle kerke en dat Jesus die kern sal wees van wat hulle leer en verkondig. (Joh.14:6)