Print this page

Bespot Jesus, maar nie Mohammed nie, sê BBC-baas

Die BBC se direkteur-generaal het gesê die uitsaaier sal nooit met Mohammed spot soos hy Jesus spot nie. Hy het die verstommende erkenning van godsdienstige vooroordeel geregverdig deur te suggereer dat die spot met Mohammed die 'emosionele krag van groteske kinderpornografie' het. Maar Jesus is regverdige spel, het hy gesê, want die Christendom het breë skouers en minder bande met etnisiteit. Mnr Thompson sê die BBC sou nooit Jerry Springer The Opera – 'n omstrede musiekblyspel wat Jesus bespot het – uitgesaai het as sy teiken Mohammed was nie. Hy het die opmerkings gemaak in 'n onderhoud vir 'n navorsingsprojek aan die Universiteit van Oxford. Mnr Thompson het gesê: 'Die punt is dat vir 'n Moslem, 'n uitbeelding, veral 'n komiese of neerhalende uitbeelding, van die profeet Mohammed die emosionele krag van 'n stuk groteske kinderpornografie kan hê.' Die BBC-direkteur-generaal erken dat Christendom strenger behandel word as ander gelowe omdat dit 'mooi breë skouers' het.

Bid: vir groter begrip dat alle gelowe belangrik is vir hul volgelinge en almal gelyk en met respek behandel moet word. (1Pe.2:17)

Meer: http://www.christian.org.uk/news/well-mock-jesus-but-not-mohammed-says-bbc-boss/