Print this page

Miljoen 'demensievriende' benodig

Die komediante Jo Brand en Meera Syal het twee van Engeland se eerste 'demensievriende' geword, in 'n inisiatief wat deur die Alzheimer-vereniging van stapel gestuur is. En die gesondheidsekretaris Jeremy Hunt het belowe om ook een te word. Die skema beoog om een miljoen mense in Engeland teen 2015 te bereik met gratis inligtingsessies wat ondersoek hoe dit is om met die toestand saam te leef. Die projek van £2,4 miljoen word deur die regering ondersteun en deur die departement van gesondheid en kabinetskantoor befonds. Die Alzheimer-vereniging sê ongeveer 800 000 mense in die Verenigde Koninkryk het 'n vorm van demensie. En een uit elke drie mense ouer as 65 sal die toestand ontwikkel. Die organisasie wil hê dat die vrywilliger-geleide sessies, wat in werkplekke en stadsale regoor die land plaasvind, 'die manier waarop die nasie dink, praat en optree' verander.

Bid: dat hierdie inisiatief daarin sal slaag om baie honderde te vind om saam met behoeftiges te kom. (Job.19:14)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/health-21415594