'n "Ongesonde 'ek, ek, ek'-kultuur" wat in die 1980's grootgeword het, "vergiftig" steeds die gemeenskapslewe in Brittanje, volgens die aartsbiskop van York. In 'n verwysing na Margaret Thatcher, het dr John Sentamu gesê: "Daar is iets soos die samelewing, en ons het almal ons klein rol om te speel om dinge beter te maak. Ons is interafhanklike wesens wat in gemeenskappe leef.” Dr Sentamu het sy opmerkings gemaak toe hy 'n nuwe boek bekendgestel het, "John Sentamu's Faith Stories" wat 20 mense volg wat groot bydraes tot hul plaaslike gemeenskappe gemaak het. Hy het gesê mense moet hul voorbeeld volg en "ophou kerm en iets positiefs begin doen". Hy het bygevoeg: "Die ongesonde "ek, ek, ek"-kultuur wat in die 1980's grootgeword het, het sedertdien gedreig om ons verhoudings en ons gevoel van gemeenskap te vergiftig. “Die enigste manier om 'n gesonde samelewing met 'n toekoms te bou, is dat mense anders, onselfsugtig en met hoop in hul harte leef.
Bid: dat ons almal ons rol in 'n omgee-samelewing sal erken. (Gal.5:14)
Meer: http://www.telegraph.co.uk/news/religion/9873943/Me-me-me-culture-of-the-1980s-poisoning-society-warns-Sentamu.html