Die aartsbiskop van York, dr. John Sentamu, het die instelling van die huwelik geprys en gewaarsku teen die gevaar dat dit weggesteek word 'uit vrees om aanstoot te gee of eiegeregtig te klink'. Die aartsbiskop het voor die koninklike troue in die Telegraph geskryf en ook gewaarsku dat meer en meer mense blykbaar versigtig is vir die verbintenis wat die huwelik vereis. Oor die groeiende neiging van saamwoon voor die huwelik, het die aartsbiskop gesê dit is algemeen in hierdie tye en, met aanhaling van sy dogter, wil mense 'toets of die melk goed is voordat hulle die koei koop'. Hy het gesê: 'Om die diepte en blywende betekenis van liefde te ontdek is die doel en prys van elke verhouding. Huwelik in Brittanje, hetsy in die kerk of 'n registerkantoor, is 'n lewenslange ooreenkoms wat tussen een man en een vrou gesluit is. Dr Sentamu het gesê hy het baie saamwoonpare getrou en beklemtoon dat getroude paartjies meer geneig is om saam te bly as saamwoonpare.
Bid: dat die huwelik weereens as sentraal in die gesinslewe erken sal word. (Heb.13:4)