Luton-protes wek vrese vir wanorde

Die polisie het verwag om hul grootste operasie in die dorp se geskiedenis te onderneem, aangesien duisende aktiviste van die Engelse Verdedigingsliga van regoor Engeland op Luton sal toesak. Kampvegters teen rassisme hou ook Saterdag 'n teenbetoging in Luton. Unite Against Fascism, wat die geleentheid reël, sê hy verwag dat ondersteuners van regoor die land sal reis. Luton-raadslid Mahmood Hussain het gesê: 'Hierdie gebeurtenis skep meer vrees as enigiets anders, veral onder bejaardes wat die foto's gesien het van wat in die verlede by hierdie gebeurtenisse gebeur het. Almal is baie bekommerd oor wat kan gebeur, want jy hoef net na die rekord van hierdie groep te kyk om te sien wat ons in die gesig staar'. Gemeenskapsleiers en politici werk saam met verskillende gemeenskapsgroepe in Luton sedert die EDL aangekondig het dat hulle die betoging gaan hou.

Bid: vir die mense van Luton hierdie naweek en teen konfronterende, gewelddadige betogings. (Je.29:7)

Meer: http://www.guardian.co.uk/uk/2011/jan/31/edl-protest-luton-fears-disorder