Print this page

Regstelsel diskrimineer teen Christene

Die biskop van Winchester, ds Michael Scott-Joynt, het gewaarsku dat die dood van 'godsdienstige geletterdheid' onder diegene wat die wet gemaak en toegepas het, 'n wanbalans geskep het in die manier waarop diegene met geloof behandel is in vergelyking met seksuele minderhede. Met die klem op die saak van Gary McFarlane, 'n verhoudingsberader wat deur Relate afgedank is omdat hy geweier het om seksterapie aan 'n homoseksuele paartjie te gee, het hy gesê dat die regbank nou uit sy pad gegaan het om die regte van minderhede te beskerm. Terselfdertyd was politici en regters vir die eerste keer in die Britse geskiedenis grootliks onkundig oor godsdiens en het hulle dus nie die belangrikheid waardeer wat Christene daaraan gestel het om by die Skrifte eerder as die polities korrekte waardes van die sekulêre staat te hou nie. Die biskop se bekommernisse is onderstreep deur lord Woolf, 'n voormalige lordhoofregter, wat saamgestem het dat in sommige regsake die balans 'te ver' gegaan het om weg te kantel van Christene.

Bid: dat wetgewers en handhawers sal verseker dat regverdigheid en balans tussen politieke korrektheid en Christelike oortuigings herstel sal word. (Spr.16:11)

Meer: http://www.telegraph.co.uk/news/newstopics/religion/8225991/Bishop-of-Winchester-legal-system-discriminates-against-Christians.html