Justin Welby as aartsbiskop van Canterbury bevestig

Die Biskop van Durham, die Regse Eerwaarde Justin Welby, het amptelik die Aartsbiskop van Canterbury geword by 'n seremonie, bekend as die 'Bevestiging van Uitverkiesing', wat plaasgevind het in die konteks van 'n daad van aanbidding in St Paul's Cathedral vandag. Die seremonie vorm deel van die regsproses waardeur die aanstelling van die nuwe aartsbiskop van Canterbury in werking gestel word. Dit is deur die aartsbiskop van York voorgesit met die hulp van die biskoppe van Londen, Winchester, Salisbury, Worcester, Rochester, Lincoln, Leicester en Norwich. Almal is vir hierdie doel aangewys deur Haar Majesteit Die Koningin – wat die 'Supreme Goewerneur' van die Kerk van Engeland is. Biskop Justin se naam is 'n paar maande gelede deur die Kerk se 'Crown Nominations Commission' aan die Koningin voorgehou in ooreenstemming met grondwetlike reëlings wat al vir baie jare in plek is.

Bid: vir die Regse eerwaarde Justin Welby dat hy deur God geseën sal word in sy nuwe rol in 'n tyd wanneer die uitdagings vir die kerk so belangrik is... (Hand.20:28)

Meer: http://www.archbishopofcanterbury.org/articles.php/5014/justin-welby-confirmed-as-archbishop-of-canterbury-at-st-pauls-cathedral