Regters is bevooroordeeld teen Christenskap, sê senior kerkfigure

Senior kerkfigure dwing 'n kragmeting met die regbank af oor 'n bewering dat sommige van die land se mees senior regters bevooroordeeld is teen die Christendom. Lord Carey, die voormalige aartsbiskop van Canterbury (1991 – 2002) en ander kerkleiers sal die Master of the Rolls en ander senior regters aanspoor om af te staan van toekomstige appèlhofverhore wat sake van godsdiensdiskriminasie behels weens die regters se vermeende vooroordeel teen Christenskap. Senior kerkmanne glo dat Christene min kans het op 'n regverdige beslissing as die jongste belangrike verhoor aangehoor word voor daardie regters wat, volgens hulle, reeds 'n gebrek aan begrip van Christelike oortuigings getoon het. Kritici is veral bekommerd oor 'n beslissing deur Lord Neuberger, die Meester van die Rolls, namens die Appèlhof, dat Lillian Ladele, 'n registrateur wat geweier het om siviele vennootskapseremonies te hou – omdat dit teen haar Christelike oortuigings was – die wet oortree het. .

Bid: dat die Regbank ons Christelike geloof heelhartig sal respekteer. (Det.17:8)

Meer: http://www.ccfon.org/view.php?id=1052