Print this page

Regter reël teen gastehuiseienaars

'n Regter het geskaar by 'n homoseksuele paartjie wat 'n dubbelkamer by 'n Christelike gastehuis geweier is. (sien Gebedswaarskuwing 02-2011) Eienaars Peter en Hazelmary Bull het 'n beleid geïmplementeer om slegs heteroseksuele getroude paartjies toe te laat om in hul dubbelkamers te bly toe hulle die gastehuis, ook hul gesinshuis, in 1986 geopen het. Hul webwerf gee kennis van die beleid op sy besprekingsbladsy. Hulle is deur die siviele vennote Steven Preddy en Martyn Hall gedagvaar vir £5 000 skadevergoeding op grond daarvan dat die beleid teen hulle gediskrimineer het ingevolge die Gelykheidswet. Regter Andrew Rutherford het beslis dat die Bulle se beleid onwettig was en dat die Gelykheidswet vereis dat burgerlike vennootskappe op dieselfde manier as huwelik behandel word. Die Bulle moet nou vir Preddy en Hall £3 600 skadevergoeding betaal. In reaksie op die uitspraak het mev Bull gesê: 'Ons dubbelbedbeleid was gebaseer op ons opregte oortuigings oor die huwelik, nie vyandigheid teenoor enigiemand nie'.

Bid: dat die Gelykheidswet gewysig word om tussen wetlike en gedragsregte te onderskei. (Jak.1:21)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/judge.rules.against.christian.guesthouse.owners.who.refused.civil.partners/27378.htm