Britse Moslems het meer ondersoek, kritiek en ontleding as enige ander godsdiensgemeenskap in die gesig gestaar. Ten spyte hiervan, bekeer duisende Britte elke jaar. Om dit in perspektief te plaas, skat onafhanklike studies dat die totale Moslembevolking van Brittanje 4% is. ’n Nuwe studie deur Faith Matters dui daarop dat die werklike syfer van bekerings so hoog as 100 000 kan wees, met soveel as 5 000 nuwe bekerings landwyd elke jaar. Fiyaz Mughal, direkteur van Faith Matters, het gesê 'Ek dink daar is beslis 'n verband tussen bekerings wat aan die toeneem is en die prominensie van Islam in die publieke domein. Mense stel belang om uit te vind waaroor Islam gaan en wanneer hulle dit doen, gaan hulle in verskillende rigtings.' Sien ook kommentaar oor hierdie item by http://www.dailymail.co.uk/news/article-1343954/100-000-Islam-converts-living-UK-White-women-keen-embrace-Muslim-faith.html
Bid: dat diegene wat geestelike geloof soek, sal vind dat die Christelike kerk na hulle uitreik met die Evangelieboodskap.(1Ch.16:10)