Print this page

Internetpornografie: PM tree in om 'kinders te beskerm'

Die instelling van webfilters om volwassenes wat pornografie wil sien te laat 'inteken', moet deur die Regering oorweeg word. David Cameron het ingegryp om daarop aan te dring dat 'n verstekblok op pornografie, wat slegs gedeaktiveer word wanneer gebruikers 'n aktiewe keuse maak om dit af te skakel, weer op die tafel geplaas word. Vandag sal hy 'n konsultasie aankondig oor of outomatiese filters ingestel moet word, of 'n minder streng stelsel wat sou beteken dat mense 'n 'aktiewe keuse' moet maak oor of hulle eksplisiete webwerwe wil bekyk of nie wanneer hulle by 'n internetdiensverskaffer aansluit. Daar is toenemende kommer oor die impak van seksuele inhoud op die internet op Brittanje se kinders. Navorsing dui daarop dat soveel as een uit drie onder-tienjariges pornografie op die web gesien het, terwyl vier uit elke vyf kinders van 14 tot 16 erken dat hulle gereeld toegang tot eksplisiete beelde en videomateriaal op hul tuisrekenaars kry. (Sien Gebedswaarskuwing 17-2012)

Bid: vir ons Eerste Minister en die owerhede om hierdie probleem in die hande te kry om die jongmense te beskerm. (Ps.12:7)

Meer: http://www.mediawatchuk.org.uk/index.php?option=com_content&task=view&id=460&Itemid=117