Twee godsdiensleiers eis 'n historiese eerste nadat 'n Islamitiese Imam by 'n Christelike kapel gepreek het. Vir die eerste keer is 'n Moslem, dr Taj Hargey, van die Summertown Islamic Congregation in Oxford, verwelkom om 'n preek by Pembroke College se kapel te lewer. Ds Dr Andrew Teal, van Pembroke College, het gesê dat hy al jare lank probeer het om 'n Moslem Imam te kry om 'n diens te lewer en hy het geglo dit was 'n eerste. 'Ons wou iets doen wat Christenskap en Islam bymekaarbring, maar nie 'n derde ding te skep nie. Ek dink wat ons vandag doen is baie ongewoon. Die twee gelowe is eintlik baie na aan Abraham as 'n sleutelfiguur in beide Islam en Christendom.' Dr Hargey het bygevoeg: 'Dit is aan Moslems en Christene in hierdie groot stad van ons om die pad vir die res van die land te wys'.
Bid: vir verhoogde respek vir Christenskap deur die Moslem-gemeenskap met 'nie-gaan' Moslem-gebiede iets van die verlede. (Spr.9:10)
Meer: http://www.oxfordmail.co.uk/news/8474153.Muslim_preaches_at_Oxford_college_chapel/