Hospitale stel voor om Bybel te verbied

Hospitaalbestuurders wat Gideon-bybels langs die bed wil verbied, is aangeval deur godsdiensleiers wat gewaarsku het dat siek mense van geestelike vertroosting ontneem sal word wanneer dit die nodigste is. Die verbod, by die Nottingham University Hospitals NHS Trust, is bedoel om vlakke van aansteeklike superluise soos MRSA te verminder op grond daarvan dat die Bybels moeilik is om skoon te maak. Hulle wil hê dat alle bedareas in Queen's Medical Centre en City Hospital netjies gehou moet word om te keer dat dodelike virusse broei. Christelike betogers het gesê die heilige tekste hou 'n 'minimale' risiko van infeksie in en vra dat die planne geskrap word. 'n Woordvoerder van die bisdom Southwell en Nottingham het gesê: 'Vir baie pasiënte was Bybels 'n bron van vertroosting en ondersteuning deur onsekerheid en siekte. Dit is onbevredigend dat pasiënte nou dalk 'n verpleegster vir 'n Bybel moet vra'. Hospitaalbeamptes raadpleeg nou personeel, pasiënte en kapelane voordat hulle die verbod instel.

Bid: dat 'n manier gevind word waarop hierdie Bybels kan bly om pasiënte sonder enige gesondheidsrisiko te ondersteun. (Joh.1:1)

Meer: http://www.express.co.uk/posts/view/189145/Bashing-for-hospitals-over-ban-on-the-Bible