Hoop om uittog van mans uit die kerk om te keer

New Wine en Christian Vision for Men het 'n nuwe vennootskap gevorm wat daarop gemik is om die voortdurende vertrek van mans uit die kerk te stuit. Hulle span kragte saam om geleenthede aan te bied wat spesifiek gerig is op mans wat nie voel dat die Evangelie of bestaande kerkmodelle vir hulle is nie. Die inisiatief word gepionier onder die titel 'Yster skerp yster', en sal kundiges in evangelisasie en manlike spiritualiteit bymekaarbring om seminare en praatjies aan te voer. Die eerste geleentheid is net voor die Nuwejaar by die Soul Survivor Church in Watford gehou en het 'n gehoor van 700 mans gelok. Verlede Saterdag se byeenkoms in Manchester was ook vol huis. Ds Carl Beech, CVM Direkteur, het gesê: 'Ons beweging bestaan om te sien hoe miljoene mans in hierdie land die boodskap van Jesus ontmoet.' Ons is baie opgewonde om in vennootskap met New Wine te wees om mans te bereik. Ons albei sien om mans te bereik as fundamenteel.'

Bid: vir die sukses van hierdie vennootskap om die Evangelieboodskap op 'n gepaste en betekenisvolle manier aan mans te bring. (Ro.1:17)

Meer: http://www.christiantoday.co.uk/article/new.wine.and.cvm.hope.to.reverse.exodus.of.men.from.church/29188.htm