Op 20 Januarie sal 'n Christelike berader voor 'n Professionele Gedragspaneel ontbied word vir die gee van terapie aan 'n homoseksuele man wat hom as 'n Christen voorgedoen het. Lesley Pilkington, 'n berader met meer as 20 jaar ondervinding, verdedig haarself teen 'n formele klagte deur Patrick Strudwick, 'n homoseksuele joernalis wat twee terapiesessies met haar in die geheim opgeneem het. Hy het 'n verslag van die sessies in The Independent gepubliseer en het sedertdien die toekenning as joernalis van die jaar deur die homoseksuele regte-organisasie Stonewall ontvang. Diegene wat sulke berading aanbied, word al hoe meer geteiken deur die homoseksuele lobby, van wie baie nie aanvaar dat mense hul gedrag kan verander nie. Maar in 2006 het die homoseksuele regte-aktivis Peter Tatchell in die Guardian geskryf: 'Hoeveel ek graag sou wou saamgaan met die modieuse 'gebore gay'-konsensus (dit sou baie polities gerieflik wees), kan ek nie. Die bewyse ondersteun nie die idee nie'.
Bid: dat die klag van die hand gewys sal word op grond van beknelling en natuurlike geregtigheid. (Hand. 24:1)