Die voormalige minister van regering, Tim Loughton, is volgens berigte afgedank weens sy teenkanting teen die herdefiniëring van die huwelik. Hy is in September se regeringskommeling uit sy ministerspos verwyder, en goeie vriende sê dit was weens sy steun om die huwelik soos dit is te hou. Mnr Loughton het Dinsdagaand saam met meer as 170 ander Mps teen die Wetsontwerp op Huwelike (samegeslag-pare) gestem. Een Tory-LP het aan die Scotsman-koerant gesê: “Tim was 'n baie goeie minister wie se loopbaan verwoes is weens sy standpunt oor hierdie kwessie op 'n beginselsaak. "Dit wys dat hierdie wetsontwerp reeds die party vergiftig en loopbane vernietig." David Cameron het belowe dat Tory-LP's 'n vrye stem sou hê, maar agter die skerms is baie druk toegepas om te keer dat hulle rang breek.
Bid: vir God se beskerming vir almal wat op enige manier onder druk of bedreig word bloot omdat hulle opstaan vir hul oortuigings. (Det.31:6)
Meer: http://www.christian.org.uk/news/govt-minister-sacked-for-opposing-gay-marriage/