Regering onder skoot van voormalige aartsbiskop van Canterbury

Die regering is hewig gekritiseer deur Lord Carey, die voormalige aartsbiskop van Canterbury, oor sy besluit om nie vier Britse Christene te steun wat hul sake na die Europese Hof vir Menseregte geneem het nie. Lord Carey het 'n beroep op premier David Cameron gedoen en hom gevra om die vier Christene te ondersteun waarteen Britse howe beslis het. Onder hulle was Shirley Chaplin en Gary McFarlane, wie se sake deur die Christian Legal Centre gehanteer is. Twee van die vier gevalle hou verband met die vryheid van Christene om 'n kruis in die werkplek te dra en twee handel oor gevalle waar die vryheid van Christene om in ooreenstemming met hul gewete op te tree deur homoseksuele regte getroef is. Die Regering het by die Britse howe gestaan en aangevoer dat daar nie teen hierdie Christen individue gediskrimineer is nie. Dit het verder aangevoer dat nie die dra van 'n kruis of die navolging van die gewete 'n integrale deel van die Christelike geloof is nie.

Bid: dat daar na Lord Carey se kommentaar geluister sal word en tot 'n hartsverandering sal lei. (Spr.31:9)

Meer: http://www.christianconcern.com/our-concerns/religious-freedom/government-under-fire-from-former-archbishop-of-canterbury