Gee die geskenk van vrede

Christene word aangemoedig om 'n bietjie vrede met hul bure te deel, in die vorm van 'n nuwe boekie van die Metodiste Kerk. A Gift of Peace, ryk geïllustreer, bevat bemoedigende woorde uit die Bybel sowel as besinning oor vrede van 'n verskeidenheid skrywers, insluitend Lao Tzu, Benjamin Franklin en Moeder Theresa van Calcutta. Ds Alison Tomlin, President van die Metodiste-konferensie, het gesê: 'Te midde van 'n toenemend chaotiese en onstuimige wêreld het ons almal God se vrede meer as ooit nodig. Ons hoop dat hierdie boekie die manier waarop ons dink en bid oor vrede sal verryk en mense sal help om 'n bietjie meer ruimte in hul lewens te maak vir nadenke.' Kerke word aangemoedig om die boekies weg te gee asook om dit vir persoonlike of kleingroeprefleksie te gebruik. A Gift of Peace is beskikbaar by Methodist Publishing teen £5 vir 50 eksemplare en kan aanlyn gekoop word.

Bid: vir almal wat die boekie ontvang dat hulle tyd sal neem om na te dink en God se vrede te ontvang. (Judas 2)

Meer: http://www.methodist.org.uk/index.cfm?fuseaction=opentogod.newsDetail&newsid=457