Print this page

Algemene Sinode uitgedaag om die huwelik dringend te verdedig

Andrea Minichiello Williams het vandag (6 Feb) met die Algemene Sinode gepraat en die Kerk van Engeland uitgedaag om standpunt in te neem vir tradisionele huwelik voor dit te laat is. Andrea Williams, lid van die Algemene Sinode en HUB van Christian Concern, het 'n beroep op die Presidente van die Sinode (die twee Aartsbiskoppe) gedoen om 'n Nooddebat te magtig, en het 'n beroep op die Kerk gedoen om David Cameron se poging om selfdegeslaghuwelike in te stel, te weerstaan, en daarop te let dat sulke 'n konsep is in stryd met beide die Bybel en die Boek van Algemene Gebed. 'As die nasionale kerk sou staan vir die huwelik soos tradisioneel gedefinieer, dan sou ons Eerste Minister verslaan word nog voordat hy begin het. Is dit nie die taak van die gevestigde Kerk om die regering tot verantwoording te roep en haar nie te laat afdwaal van Bybelse voorskrifte wat nie net vir individue goed is nie, maar vir gemeenskappe en nasies?'

Bid: dat die uitdaging wat Andrea gestel het, ernstig deur die Kerk opgeneem sal word. (Mt.19:1-6)

Meer: http://www.christianconcern.com/our-concerns/social/general-synod-challenged-to-urgently-defend-marriage