Pleegouers verwerp oor Christelike oortuigings

'n Christenegpaar van Blackburn se aansoek om pleegouers is deur die Raad beëindig weens hul ortodokse Christelike oortuigings oor die huwelik en hul oortuiging dat die beste omgewing waarin 'n kind grootgemaak kan word, by 'n ma en 'n pa is. Ds John Yallop en sy vrou Colette het aan Lancashire Council gesê dat hulle Christene is, maar is verseker dat hulle steeds welkom is om as pleegouers aansoek te doen. Tydens die proses het probleme egter ontstaan toe die Raad hulle gevra het of hulle enige besware daarteen sou hê dat voornemende homoseksuele aanneemouers by hul huis inkom vir die 'oorhandigingsproses' wat normaalweg 'n aantal besoeke behels. Die Yallops het voorgestel dat enige ontmoetings met voornemende homoseksuele aanneemouers by 'n kindersentrum moet plaasvind. Weens hierdie versoek het die Raad nou hul aansoek beëindig.

Bid: dat die Raad hul eie bevooroordeelde en uitsluitende siening oor hierdie saak sal heroorweeg. (1Kor.16:13-14)

Meer: http://www.christiantoday.co.uk/article/foster.parents.rejected.over.christian.beliefs/26463.htm