Eerste landwye opname van kerke van stapel gestuur

Die eerste landwye opname van al die kerke, kapelle en vergaderhuise in die VK, was verlede Maandag. Die National Churches Trust Survey 2010 sluit geboue in van elke Christelike denominasie, van alle ouderdomme en toestande, en het ten doel om te verstaan hoe hulle in stand gehou, herstel, befonds en gebruik word deur hul plaaslike gemeenskappe. Die opname hoop om 'n nasionale prentjie te skep van die huidige status van plekke van aanbidding. Dit sal tot middel Junie aanlyn bly. Alle kerke, kapelle en vergaderhuise in die VK word aangemoedig om die opname te voltooi wat leiding, wenke en tegniese ondersteuning bied om deelnemers te help. Andrew Edwards, Uitvoerende Hoof van die National Churches Trust, het gesê: ''n Enkele, nasionale opname sal 'n aansienlike verskil maak aan ons begrip van kerkgeboue regoor die VK. Hierdie geboue is belangrik, nie net as plekke van aanbidding nie, maar ook as sentrums van die plaaslike lewe. Hierdie opname poog om die bydrae wat hulle tot ons erfenis en ons gemeenskappe maak vas te lê.

Bid: vir hierdie opname dat dit die mense van die Kerk sal toelaat om die fisiese geboue wat ons as plekke van aanbidding gebruik beter te versorg en te gebruik. (1Kr.28:10)

Meer: http://www.ekklesia.co.uk/node/11896