Print this page

Daling in aantal Christene in Brittanje

Die aantal mense wat hulself as Christene beskryf, het die afgelope vyf jaar met 10% gedaal in Engeland en Wallis. In 2005 het 77% van die bevolking gesê dat hulle Christene is, maar volgens die Burgerskap-opname wat vandeesweek gepubliseer is, het dié syfer gedaal tot 70% in 2010. Die staatsopdragte opname het gekyk na die sienings van meer as 10 300 volwassenes. In dieselfde tydperk het die aantal mense wat sê dat hulle geen godsdiens het nie, met 6% gestyg, van 15% in 2005 tot 21% in 2010. Christene was ook baie minder geneig om hul godsdiens te beoefen as dié van ander gelowe. Diegene wat die meeste geneig was om hul godsdiens te beoefen, was Moslems. Ten spyte van die afname in mense wat hulself by die Christendom afsluit, is diegene wat dit wel doen meer toegewyd, met 'n toename in die aantal Christene wat sê dat hulle gereeld kerk toe gaan, van 31 persent in 2005 tot 33 persent in 2010.

Bid : dat die Heilige Gees onder die mense sal beweeg en die lig wat lewe bring, openbaar. (1 Joh.1:1-7)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/fall.in.number.of.christians.in.britain/29082.htm