Wes-Europa het 'n streek geword van 'leë nominalisme' en 'verwarde spiritualiteit' het die voorsitter van die evangeliese Keswick-konvensie gesê. Dr. Jonathan Lamb het vanjaar se konvensie vertel dat terwyl miljoene mense in Wes-Europa hulself as Christene definieer, hulle hulself as Christen beskou slegs deur nasionaliteit, kultuur, en as gevolg van familiebande met die geloof, of tradisie. Hy het gesê die geestelike landskap nader aan die huis kan gekenmerk word deur 'n 'droë ortodoksie', wat hy verduidelik het as Christene wat toegewyd is aan die evangeliese geloof, maar wie se lewe 'gedreineer is van sy geestelike lewenskragtigheid'. Ander buite die kerkkraal blyk vasgevang te wees in 'n soort 'verwarde spiritualiteit'. Dr. Don Carson, navorsingsprofessor van die Nuwe Testament, het Christene gewaarsku oor die gevare van die nastrewing van spiritualiteit, ter wille daarvan, sonder enige verwysing na Christus en Jonathan Stephens, hoof van die Wallis Evangelical School of Theology, het Christene daaraan herinner dat die sleutel tot Christus -gesentreerde vernuwing kon gevind word in die terugkeer na die Skrif.
Bid: dat Christus en Sy Evangelie altyd in die hart van ons Christelike lewens sal wees. (Ro.1:16)