Print this page

Noodbegroting

Die Kanselier van die Skatkis George Osborne se noodbegroting het 'n lou reaksie ontvang van sommige Christene wat bang is dat die impak daarvan gevoel sal word deur diegene wat dit die minste kan bekostig. Die kanselier het die strengste begroting vir byna 30 jaar voorgelê waarin hy belastingverhogings en pynlike besnoeiings in openbare besteding uiteensit. Paul Morrison, 'n lid van die Metodiste Kerk se Gesamentlike Openbare Kwessies-span, het gesê die belastinglas moet eerder op die mense geplaas word wat dit kan bekostig as dié wat die minste kan. Chris Sheldon, adjunk- uitvoerende hoof van Kingdom Bank, het die pogings om die land se massiewe tekort te verminder, verwelkom. "Ek is bly om te sien dat die regering die kwessie van balansering van die land se inkomste en uitgawes so ernstig opneem," het hy gesê. 'Dit is 'n sterk Bybelse beginsel dat ons nie meer moet bestee as wat ons kan bekostig nie en dit geld vir die land op dieselfde manier as wat dit van toepassing is op individue'.

Bid: dat ons die kollektiewe verantwoordelikheid wat ons dra om die nasionale tekort aan te spreek, sal balanseer terwyl ons die mees kwesbares beskerm. (Spr.1:3)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/emergency.budget.draws.mixed.reaction.from.christians/26157-2.htm