Dwelmweerstandige sekssiekte ontdek

’n Nuwe soort gonorree wat weerstand teen antibiotika is, is deur wetenskaplikes ontdek. Die bakteriële infeksie is een van die mees algemene seksueel oordraagbare infeksies, met duisende Britte wat elke jaar besmet word. Gonorree kan onvrugbaarheid, ektopiese swangerskappe en verhoogde vatbaarheid vir MIV veroorsaak. Dr Magnus Unemo, wat die span agter die ontdekking gelei het, het die vonds as 'onrusbarend' beskryf en die navorsers het gewaarsku dat die stam waarskynlik 'n 'wêreldwye bedreiging vir openbare gesondheid' sal word. Hy het bygevoeg: 'Terwyl dit nog te vroeg is om te bepaal of hierdie nuwe stam wydverspreid geraak het, dui die geskiedenis van nuut-opkomende weerstand teen die bakterie daarop dat dit vinnig kan versprei tensy nuwe middels en effektiewe behandelingsprogramme ontwikkel word.' Dr Unemo se ontstellende bevindings is by die 19de konferensie van die Internasionale Vereniging vir Seksueel Oordraagbare Siektes Navorsing in Quebec, Kanada, aangebied. Wetenskaplikes probeer nou die infeksie bekamp deur verskillende middels te gebruik.

Bid: vir diegene wat hierdie siekte ondersoek dat hulle 'n manier sal vind om dit te behandel. (Jes.57:19)

Meer: http://www.christian.org.uk/news/drug-resistant-sex-disease-discovered/