Verdeelde kerk is swak getuie

In 'n preek om die begin van die Week van Gebed vir Christelike Eenheid op Dinsdag te merk, het ds Bob Fyffe gesê die beweging vir eenheid het 'dinge ten goede verander'. 'Dit is hierdie beweging wat gehelp het om 'n paar diepgewortelde vyandskappe te oorkom wat gemeenskappe bang gemaak het, en kerke verander het om meer oop vir mekaar te wees.' Die taak voor gelowiges, het hy gesê, was om as Christene erken te word deur hoe lief hulle ander gehad het. 'Om as Christene verdeel te wees, is om swak getuienis aan die wêreld te bied,' het hy gesê. Die oproep tot Christelike eenheid moet meer as 'n droom wees. Dit is die uitleef van hierdie hoë ideale wat ander help om te sien dat geloof 'n bron van hoop kan wees. Die Week van Gebed vir Christelike Eenheid word elke jaar wêreldwyd deur die kerk gehou van 18 tot 25 Januarie. Vanjaar se tema is 'Alles in gemeen'.

Bid: vir eenheid tussen denominasies en dat verskille oorkom kan word ter wille van die Evangelie. (1Kor.1:10)

Meer: http://www.christiantoday.co.uk/article/divided.church.is.poor.witness.to.the.world.says.ecumenical.leader/27375.htm