Teleurstelling oor kernontwapening

'n Alliansie van nege Britse kerke het teleurstelling uitgespreek oor die mislukking van kernwapenstate om sperdatums vir aksies oor kernontwapening ooreen te kom. Terwyl die kerke vordering wat gemaak is met besprekings oor die Midde-Ooste en 'n verklaring deur die VK oor die aantal plofkoppe verwelkom het, was hulle hoogs krities oor die weiering van die kernmoondhede om tydraamwerke vir toekomstige besprekings by die einde-Mei-konferensie in New York ooreen te kom. Rt Eerw Stephen Cottrell, Biskop van Reading, het gesê: 'Kernwapens is 'n nalatenskap van die Koue Oorlog-era en het min relevansie vir die bedreigings wat ons vandag in die gesig staar. Daar is 'n groeiende erkenning dat dit onvolhoubaar is om een stel reëls vir sommige nasies te hê, en 'n ander stel reëls vir ander. Die nege kerke se veldtog, getiteld Now is the Time, doen 'n beroep op die Britse regering om 'n verbintenis te maak om 'n wêreld vry van kernwapens te bereik, wat 'n veiliger toekoms vir almal skep.

Bid: dat wêreldregerings positief sal werk om alle kernwapens in die nabye toekoms te verwyder. (Mi.4:3)

Meer: http://www.methodist.org.uk/index.cfm?fuseaction=opentogod.newsDetail&newsid=443