Die hoë koste van 'n tipiese dag uit en ouers se gejaagde werkskedules beteken gesinne spandeer minder tyd om weg te kom van die daaglikse roetine as in die verlede. ’n Opname onder 2 000 volwassenes deur navorsers by YouGov het bevind dat 62% geglo het dat gesinsdaguitstappies vandag minder algemeen was as 20 jaar gelede. Die nasionale liefdadigheidsorganisasie, 4Children, wat die opname laat doen het, het gewaarsku dat koste en tydsdruk die skuld kan kry. Die gemiddelde daguitstappie kos £50 vir 'n gesin, terwyl vorige navorsing voorgestel het dat gesinne tipies net 49 minute per dag saam spandeer – sowat vyf uur per week. Anne Longfield, uitvoerende hoof van 4 Children, het gesê 'daguitstappies en vakansies kan gesinne help om saam te bly in moeilike tye. ’n Kort wegbreek van die huishoudelike roetine laat kinders en ouers weer kontak maak, veral vir daardie gesinne wat moeilike tye beleef. Dae uit kan bande versterk en gedeelde gesinservarings en herinneringe bou wat ons weet so belangrik is om gesinne sterk en bymekaar te hou.'
Bid: vir beide die begeerte en geleentheid vir gesinne om tyd saam te kan spandeer op 'n dag uit. (Ps.122:8)
Meer: http://www.telegraph.co.uk/family/8545321/Decline-of-the-family-day-out.html