Pro-keuse-aktiviste van Ierland tot Indië betoog teen die dood van Savita Halappanavar, 'n 31-jarige Indiese vrou wat laat in Oktober 'n aborsie by 'n hospitaal in Galway, Ierland, geweier is. In Dublin het 'n geskatte 6 000 betogers saamgetrek om aborsie te wettig in swaar Katolieke Ierland, wat streng anti-aborsie wette het. Soortgelyke optogte in Galway, waar Halappanavar gesterf het, en by die Ierse ambassade in die Indiese hoofstad Delhi het 'n beroep op die regering van Dublin gedoen om die aborsiewet te wysig of dit heeltemal af te skaf. Die Ierse premier, Enda Kenny, sê hy sal hom nie haas in 'n besluit oor die reg op aborsie nie. Hy het enige verband tussen Halappanavar se dood en die Ierse aborsiewet 'n 'tragiese toeval' genoem. Dokters ondersoek steeds Halappanavar se dood om te bepaal of 'n aborsie 'n verskil sou gemaak het of nie.
Bid: vir sensitiwiteit deur die Ierse owerhede veral in gevalle van mediese vereistes. (Spr.31:9)