Die Kerk- en Medianetwerk nooi Christene en kerke uit om vir die media te bid. Die Christelike organisasie bestaan om 'n brug tussen die kerk en die media te bou. Dit moedig alle kerke en Christene aan om Sondag 12 Mei 2013 te merk as 'n spesiale dag van gebed wat aan die media opgedra word. Kerke word aangemoedig om hul plaaslike koerant, radio en TV-stasie te kontak om uit te vind waarvoor hulle graag wil bid, en om plaaslike redakteurs uit te nooi om by kerkgeleenthede te praat. Eerwaarde Tony Miles, van BBC Radio 2 se 'Pause for Thought' en voorsitter van die Church and Media Network het gesê: 'Die Britse media is onder die loep soos nog nooit tevore nie. Onwettige en onetiese praktyke deur sommige joernaliste het gekombineer met moeilike ekonomiese tye en druk van nuwe tegnologie om hierdie uitdagende tye te maak vir almal wat in die media werk.'
Bid: dat ons gebede diegene in die media sal seën en dat God hulle sal beskerm teen onetiese praktyke. (Fil.4:9)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/day.of.prayer.for.the.media/32255.htm