Hof 'dwing' gay-aanneming op Noord-Ierland

’n Regter het op omstrede wyse beslis dat Noord-Ierland gay paartjies moet toelaat om kinders aan te neem, ondanks wydverspreide teenkanting. Noord-Ierland se minister van gesondheid, Edwin Poots, het belowe om 'dringend te appelleer' teen die uitspraak, en waarsku dat dit verdere aannemingshervormings kan belemmer. 'n Amptelike openbare konsultasie oor of gay-aanneming in Noord-Ierland toegelaat moet word, het getoon dat 95 persent van die respondente gekant was teen die skuif. Maar die belastingbetaler-gefinansierde Noord-Ierland Menseregtekommissie het die saak hof toe geneem, en 'n regter het verlede Donderdag in hul guns beslis. Mnr Poots sê die uitspraak het nie sy posisie of die posisie van sy departement verander nie. Hy het gesê: 'Dit is my voorneme om hierdie uitspraak dringend te appelleer en ek neem hierdie aksie met 'n swaar hart.' Hy het bygevoeg: 'Ek het reeds in die openbaar my voorneme verklaar om Noord-Ierland se aannemingswet te hervorm, want hervorming is broodnodig en lankal uitstaande'.

Bid: dat die appèl die besluit sal omkeer en Goddelike oordeel sal laat regeer. (Joh.9:31)

Meer: http://www.christian.org.uk/news/court-forces-gay-adoption-on-northern-ireland/