Bekeerlinge van Islam in Wallis

Verlede Mei het die Evangeliese Alliansie (EA) navorsing gedoen oor die ervarings van 15 Christene in Wallis wat uit Moslem-agtergrond tot bekering gekom het. Moslem-agtergrond gelowiges (MBB's) in Wallis tel ongeveer 300, met die meerderheid wat uit 'n Persiese agtergrond kom. Afgesien van Persiese MBB's, is daar ook individue in Wallis van ander agtergronde, sommige Brits gebore, ander nie, insluitend Somaliërs, Afgaanse, Turkse en Pakistanse. MBB's in Wallis geniet, soos verwag kan word, 'n groot mate van godsdiensvryheid, daar is ook die moontlikheid dat individue bedreig of geïntimideer voel deur hul gemeenskap of familielede as gevolg van hul besluit om te bekeer. Die neiging dat Iraniërs Islam verlaat, is 'n sosiale verskynsel wat regdeur die Weste voorkom en is gewortel in 'n aantal kwessies: die persepsie dat Islam 'n vreemde godsdiens is wat op hulle afgedwing is (Zoroastrianisme was die antieke godsdiens van die streek) en hul blootstelling tot 'n besonder harde weergawe van politieke Islam in Iran is albei bydraende faktore.

Bid: dat die Heilige Gees sal aanhou om die lewens van Moslems aan te raak en bid dat Christene langsaan sal kom en aanmoedig. (Mk.16:15-18)

Meer: http://revivalmedia.org/2013/08/04/conversions-from-islam-in-wales-319-report-5/