Kommer oor voorgestelde wysigings aan wet op geassisteerde selfmoord

Christen- en pro-lewe groepe is bekommerd oor voorstelle om geassisteerde selfmoord vir terminaal siek mense in Engeland en Wallis toe te laat. Die verandering word voorgestel in 'n verslag wat vandag gepubliseer is deur die Commission on Assisted Dying, onder voorsitterskap van die voormalige sekretaris van justisie, Lord Falconer. Die verslag beveel aan dat dokters toegelaat word om dodelike dosisse medisyne voor te skryf aan terminaal siek pasiënte wat wil sterf en minder as 12 maande het om te lewe. Die pasiënt moet ouer as 18 wees en nie as verstandelik gestremd beskou word nie. Die goedkeuring van twee onafhanklike dokters sal ook vereis word. Dr Peter Saunders, veldtogdirekteur van Care Not Killing, het gesê die ondersoek was 'bevooroordeeld' en die gevolglike verslag 'ernstig gebrekkig'. 'Hierdie aanbevelings, indien dit geïmplementeer word, sal kwesbare mense onder groter druk plaas om hul lewens te beëindig om nie 'n las op ander te wees nie,' het hy gesê. "Die sogenaamde reg om te sterf kan so maklik die plig word om te sterf."

Bid: vir God se leiding terwyl hierdie saak gedebatteer word en dat die kwesbares beskerm sal word. (Spr.13:14)

Meer: http://www.christiantoday.co.uk/article/concern.over.proposed.changes.to.law.on.assisted.suicide/29121.htm