Klagtes styg oor gevloek op TV en radio

 

Rekordgetalle mense kla oor die gebruik van vuil taal op TV- en radioprogramme. Ofcom, die kommunikasiereguleerder, het 500 klagtes in die eerste drie maande van vanjaar ontvang, en is gevra om uitspraak te doen oor 'n verdere 1 159 klagtes vanaf 2009. Hierdie syfers verteenwoordig 'n aansienlike toename sedert 2006 toe daar 841 klagtes was. Kritici het die gebruik van onwelvoeglike taal aangeval en 'n beroep op Ofcom gedoen om strenger riglyne in te stel. Vivienne Pattison, direkteur van Mediawatch-UK, het gesê: 'Hierdie soort taal word nie in die kantoor of in die speelgrond geduld nie, so hoekom is dit op televisie?' Doctor Who-aanhangers het verlede week woedend gereageer op wat hulle beweer die 'seksualisering' van die program is, en gesê die materiaal is 'heeltemal onvanpas' vir 'n gesinsdrama.

Bid : vir Elizabeth terwyl sy hierdie uitdagende rol opneem om vir ons jongmense te sorg. (2Ti.1:14)

Meer : http://www.cofe.anglican.org/news/prsafeguardingadviser.html