Kerke wat landelike gemeenskappe bedien

Rural Presence is die nuwe interaktiewe webwerf vir Christene wat besig is met landelike sending. Dit bied 'n forum vir alle Christene om goeie nuusstories en inligting oor die kerk in landelike gemeenskappe te deel. Die doel is om sending en dissipelskap in plattelandse kerke aan te moedig en te inspireer. Deur die rykdom van idees en praktiese benaderings van kerke regoor Brittanje te deel, word gehoop dat 'n effektiewe Christelike teenwoordigheid op die platteland bevorder en volgehou kan word. 'Hierdie webwerf bied 'n geleentheid om te deel in alles wat goed en opwindend is oor die plattelandse kerk,' het ds Graham Jones, Nasionale Landelike Beampte vir die Metodiste Kerk en die Verenigde Gereformeerde Kerk gesê. 'Of dit nou is om gemeenskapsbioskope op te rig of plaaslike poskantore te huisves, die geleenthede vir plattelandse kerke om hul gemeenskappe te dien, is eindeloos. Ons wil Christene help, begeester en inspireer om anders te dink oor hul bediening op die platteland.' Ervarings kan gedeel word by www.ruralpresence.org.uk waar kreatiewe idees gevind kan word.

Bid: vir die sending en werk van plattelandse kerke en vir hul leiers. (Hand.16:5)

Meer: http://www.methodist.org.uk/index.cfm?fuseaction=opentogod.newsDetail&newsid=474