Print this page

Kerke en kapelle in Wallis staar onsekere toekoms in die gesig

Stygende herstelrekeninge en kwynende erfenistoelaes bedreig baie gelyste kerke en kapelle regoor Wallis. Die gaping tussen gemeenskapskenkings en die totale rekening is vroeër verklein deur toelaes van liggame soos die Heritage Lottery Fund en die Walliese erfenisagentskap Cadw, sowel as met ondersteuning van pasgemaakte fondse soos die Listed Places of Worship-skema. Maar in onlangse jare het hierdie fondse moeiliker geword om te bekom of hul bepalings is meer beperkend gemaak.

Bid: dat gemeentes in Wallis innoverende maniere sal kan vind om hul plekke van aanbidding te behou. (Mt.16:18)

Meer: http://www.bbc.co.uk/news/uk-wales-12547195