Print this page

Kerkgebede vir die koninklike egpaar voor die troue

Die Kerk van Engeland en die Rooms-Katolieke Kerk in Engeland en Wallis het nuwe gebede vrygestel voor die koninklike troue vandeesmaand. Die Kerk van Engeland se gebed vir prins William en Kate Middleton word op sy webwerf geplaas en is ook vir almal wat 'een in die huwelik gemaak het'. Die gebed is aangepas uit Common Worship en sluit aan by een wat vroeër vir skole en jong kinders beskikbaar gestel is. Die nuwe gebed vra God om 'in guns te kyk' na die koninklike egpaar en 'almal wat een in die huwelik gemaak is'. Dit vra God ook om 'hulle liefde te verdiep' en hulle te help om hul geloftes aan mekaar na te kom. Die Katolieke gebed vra God se seën op Prins William en Mej Middleton en om hulle krag te gee om God, die land en die Statebond 'met integriteit en getrouheid' te dien.

Bid: vir William en Kate terwyl hulle voorberei om te trou en dat hul troue 'n positiewe model vir baie ander jong paartjies sal wees. (Joh.2:1-2)

Meer: http://www.christiantoday.co.uk/article/churches.release.prayers.for.the.royal.couple.ahead.of.wedding/27799.htm