Godsdienstige leiers binne die Kerk van Engeland glo dat daar 'n werklike krisis is wanneer dit kom by die toekoms van die kerk, en sê dat dit in die volgende 20 jaar dood sal wees. Ds Patrick Richmond, 'n Sinodelid van Norwich, het verlede week die nasionale vergadering gewaarsku dat die Kerk van Engeland 'n 'perfekte storm' betree met 'n oorvloed van bejaarde lidmate. Eerw Richmond glo basies dat die Kerk van Engeland as geheel besig is om 'af te sterf' as gevolg van die aantal senior burgers wat die kerk bywoon in vergelyking met jonger lidmate. Rekords van die Aartsbiskopperaad se Navorsings- en Statistiekeenheid vertel egter 'n ander storie. Opgedateerde rekords toon dat meer as 36 persent van diegene wat binne die Kerk van Engeland aanbid onder die ouderdom van 45 is. Nuwe statistieke toon dat weeklikse dienste in katedrale in 2011 op 1,7 miljoen mense elke maand is, 'n vlak wat gehandhaaf is sedert die draai van die millennium.
Bid: dat die Kerk uit die as sal opstaan en soos 'n arend sal sweef om die Here te verheerlik. (Jes.40:31)
Meer: http://www.christianpost.com/news/records-show-church-of-england-will-not-be-dead-in-20-years-52454/