Die biskop van Sheffield het aan die Kerk van Engeland gesê die volgende vyf jaar moet 'n dieper en meer volgehoue betrokkenheid by sy huidige primêre doelwitte wees om by te dra tot die algemene welsyn, die groei van die Kerk en die herverbeelding van die bediening. Die doelwitte was die onderwerp van 'n verslag, Challenges for the Quinquennium, wat verlede Saterdag deur die Algemene Sinode van die Kerk van Engeland in York oorweeg is. Biskop Steven Croft het aan Sinodelede gesê die Kerk van Engeland het 'n "meer uiterlike fokus" nodig wat aksie sowel as besinning impliseer. Hy het die toename in die aantal jonger beroepe tot geordende bediening verwelkom. Hy het egter gesê daar moet meer diverse beroepe wees en meer uit verskillende etniese agtergronde. Die biskop het erken dat die gebied van die groei van die Kerk en om dissipels te maak die "uitdagendste" van die drie doelwitte was. "Ons moet daardie gesprek oor die uitdaging om die Christelike geloof in ons eie Kerk oor te dra dringend verdiep."
Bid: vir die Kerk soos dit vorentoe kyk dat dit deur God geïnspireer en gelei sal word. (Ro.8:28)
Meer: http://www.christiantoday.com/article/church.of.england.has.20.years.to.reassert.its.position.as.national.church/33103.htm