Eerw Ian Galloway, die sameroeper van die Kerk van Skotland se Kerk- en Samelewingsraad, het gesê dit is 'afstootlik' dat kinders as seksslawe in Skotland gebruik word. Sy kommentaar volg op die publikasie van 'n verslag van die Skotse Kommissaris vir Kinders en Jongmense. Die verslag sê dat ten minste 80 kinders moontlik in Skotland verhandel is vir seksuele of ander uitbuiting sonder dat iemand skuldig bevind is vir die misdade. Sommige van die slagoffers het van duisende kilometers ver gekom, verhandel van mense soos China, Viëtnam of die Demokratiese Republiek van die Kongo. Eerw Ian Galloway het in sy blog geskryf: 'Die feit dat dosyne kinders as seksslawe in ons stede, dorpe en woonbuurte gebruik word, is uiters weersinwekkend. Dit behoort 'n oproep tot aksie vir almal in Skotland te wees. Hoe kan ons dit laat gebeur?'
Bid: dat die verslag en die sameroeper se kommentaar deur die owerhede opgemerk sal word en tot positiewe optrede sal lei. (Mark.7:21-22)