Print this page

Kerk wat Skotland se armste gemeenskappe help

Die Kerk van Skotland het 'n radikale nuwe herlewingsprogram van stapel gestuur om sommige van die armste dele van die land 'n hupstoot te gee. Die Chance to Thrive-projek sal oor die volgende vyf jaar saam met agt gemeenskappe werk aan ontwikkelingsinisiatiewe. Die Kerk sê die onus van die projek sal op die hoop van die mense lê, eerder as geboue. Dit wil plaaslike mense ondersteun om langtermynverandering teweeg te bring deur hul eie idees eerder as om 'idees van buite af te hê'. Gemeenskappe sal ondersteun word deur 'n paneel vrywilligers met relevante ervaring as entrepreneurs, gemeenskapswerkers, sakebeplanners, kunstenaars en argitekte. Daar word gehoop dat die projekte sal lei tot die ontwikkeling van groot nuwe en volhoubare kerkgebaseerde gemeenskapsfasiliteite. 'Oor die afgelope dekade het die Kerk van Skotland sy verbintenis tot Skotland se armste woonbuurte verdubbel.'

Bid: dat hierdie stap deur die Kerk van Skotland tot langtermynverandering vir sommige van die behoeftigste mense sal lei. (Det.15:11)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/church.helping.scotlands.poorest.communities.thrive/28806.htm