Kerk appèl oor skoot-dansklub

'n Oxford-gemeente het op 30 Junie 2010 sy appèl verloor om die variasie van 'n lisensie om 'n skootdansklub net 50 meter van hul kerk af te bestuur, omver te werp. Ds Vaughan Roberts, rektor van St Ebbe's Church, het 'n appèl aangeteken nadat die Oxford Council se Lisensiëringskomitee die variasie aan Greene King toegestaan het om Thirst Lodge in Pennyfarthing Place, langs St Ebbe's Street, te bestuur. Hy het gesê: 'Ons voel steeds dat die toekenning van die lisensie om skootdans by hierdie soort instelling toe te laat, totaal onvanpas was vanweë die nabyheid aan die kerk en omdat hierdie tipe klubs vroue kwesbaar kan laat voel - daar is honderde jong vroulike studente wat naby woon en vroue wat hul motors in die nabygeleë Westgate-parkeerterrein parkeer. Ons sal nêrens lus wees om so 'n klub te sien nie, want skootdans verneder God se gawe van seks.' Sou die lisensie toegestaan gewees het as die klub langs 'n moskee geleë was

Bid: dat plaaslike kerke op die openbare plein sal opstaan vir Christelike waardes. (Mark.16:15)

Meer: http://www.christianlegalcentre.com/