Kerke het in Londen verenig vir die historiese bekendstelling van 'n wêreldwye Christelike reaksie op korrupsie. EXPOSED word gelei deur Christelike organisasies, insluitend Micah Challenge, The Salvation Army, Bible Society en die World Evangelical Alliance. Dit is die eerste keer dat soveel Christelike organisasies saamstaan om teen korrupsie te staan. Die veldtog het ten doel om 'n lig te skyn op korrupsie, wat hulle waarsku is 'n groot bydraende faktor tot wêreldwye armoede. Veldtogvoorsitter en internasionale direkteur van Micah Challenge, ds Joel Edwards, het gesê: 'Geen nasie is immuun nie. Hierdie huidige ekonomiese krisis beteken dat hebsug, die oordaad van korporatiewe kulture, oneerlikheid en ontoerekeningsvatbare gedrag ons geraak het waar dit seermaak. 'EXPOSED is hier om aan te sluit by 'n toenemende koor van kommer, wat sê 'genoeg is genoeg'. 'Dit is 'n geleentheid vir die kerk om te doen waarvoor ons geroep is: om ons stem in heilige verontwaardiging te verhef en praktiese offers van hoop te verskaf.'
Bid: vir mense wêreldwyd om hulle te verbind tot en praktiese stappe vir etiese gedrag in besigheid, die regering, die kerk en die breër samelewing te bevorder. (Hand.2:40)
Meer: http://www.christiantoday.co.uk/article/christians.unite.against.corruption/30807.htm