Christene voel steeds gemarginaliseer – rapporteer

'n Nuwe verslag van Premier Christian Media waarsku teen 'n 'sterk vooroordeel' teen Christene in die Britse openbare lewe. Die mediagroep se verslag is gegrond op opeenvolgende peilings wat hy die afgelope jare laat doen het om persepsies onder Christene en nie-Christene te peil. Gevoelens van marginalisering is veral sterk onder Christene gevind. In 'n 2008-opname onder 500 Christene het 73% gesê hulle voel Christene word onregverdig in die Britse samelewing gemarginaliseer. Dit is gevolg deur 'n C-Panel-peiling die volgende jaar wat bevind het dat 66% van Christene voel dat daar groter negatiewe diskriminasie jeens Christene is as ander gelowe. Alhoewel nie-Christene baie minder geneig was om saam te stem dat Christene gemarginaliseer word, het peilingsuitslae 'n simpatieke algemene publiek geopenbaar. Premier het kennis geneem van persepsies van 'begunstiging' teenoor veral Moslems en 'n vooroordeel teenoor homoseksuele lobbygroepe.

Bid: teen die voortdurende marginalisering van ons geloof op alle vlakke van die samelewing. (Spr.10:11)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/christians.still.feel.marginalised.report/28872.htm