Die meeste Christene glo dat om hul geloof met vriende te deel 'n effektiewe vorm van evangelisasie is, dui 'n nuwe opname aan. Die opname, Vol vertroue deel van die evangelie?, is deur die Evangeliese Alliansie onderneem om vas te stel of Christene nog in die 21ste eeu evangeliseer. Dit het 'n verskuiwing gevind in die manier waarop Christene oor hul geloof praat, van die opelugprediking wat die evangelisasie van die 19de en vroeë tot middel 20ste eeue getipeer het, na meer intieme omgewings. Terwyl slegs nege persent gesê het dat straatprediking 'n effektiewe manier is om oor Jesus te praat, het tagtig persent gesê dat die intimiteit van 'n groep vriende 'n veiliger en doeltreffender plek is om hul oortuigings te deel. Sewe-en-vyftig persent het gesê dit is hul optrede wat mense na Jesus sou wys, eerder as hul woorde, met 55 persent wat gesê het dat hulle gesien het hoe mense tot geloof kom deur betrokkenheid by gemeenskapsprojekte soos voedselbanke.
Bid: dat elkeen van ons ons eie pad na evangelisasie sal vind (Joh.4:40-41)
Meer: http://archbishop-cranmer.blogspot.co.uk/