Christene bid vir 'seismiese verskuiwing' in Brittanje

Christene het Dinsdag in Sentraal-Londen bymekaargekom om te bid dat God die Kerk sal verenig en die geestelike klimaat van sekulêre Brittanje sal verander. Dit was die laaste gebedsbyeenkoms deur die organiseerders van die Nasionale Dag van Gebed voor die groot geleentheid by die Wembley-stadion later vandeesmaand. Tienduisende Christene sal op 29 September by Wembley bymekaarkom om vir die nasie en herlewing in die Kerk te bid. Tim Hughes, Matt Redman, Hillsong London en Graham Kendrick is van die kunstenaars wat aanbidding op die dag lei. Global Day of Prayer London-sameroeper, Jonathan Oloyede, speel 'n sleutelrol in die organisasie van die Wembley-geleentheid. Hy het die skare aangesê om te bid dat daar 'geen leë sitplekke' by Wembley sal wees nie. Hy het gesê: ''n Seismiese verskuiwing vind plaas oor die Britse Eilande en as die Kerk verenig oor kultuur, geloof, kleur en klas, sal daar 'n geestelike klimaatsverandering oral in ons land wees.' Kaartjies is beskikbaar by www.ndopwembley.com

Bid: dat hierdie dag van gebed baie duisende bymekaar sal trek om te bid en te loof en eer aan God te gee. (Mt.6:9-10)

Meer: http://www.christiantoday.com/article/christians.pray.for.seismic.shift.in.britain/30637.htm