'n Senior regeringsamptenaar het gesê dat Christene nie opsy gesit moet word vir hul geloof nie en dat Christenskap 'n gewaardeerde en belangrike rol het om te speel. Eric Pickles, Staatsekretaris vir Gemeenskappe en Plaaslike Regering, het gesê dat die Regering gretig is om na die kerk se rol in gemeenskappe te kyk vir inspirasie. Hy weet die gebrekkige logika van die siening dat die staat die samelewing se euwels kan oplos, werk nie. In 'n onderhoud met die Sunday Express het hy gesê: 'Een van die dinge wat ek wil doen, is om die pastorale ervaring van die Church of England en die Katolieke Kerk te gebruik om daar uit te kom in die gemeenskap. Godsdienstige verdraagsaamheid is uiters belangrik. Godsdiens speel 'n gewaardeerde en belangrike rol om ons samelewing saam te bind en is 'n noodsaaklike deel van die kulturele struktuur van die Engelse en Britse nasies.' Daar word berig dat daar 22 000 Christelike liefdadigheidsorganisasies in Brittanje is wat meer as 23 miljoen ure se vrywillige diens lewer.
Bid: vir erkenning van die noodsaaklike rol wat die kerk in die lewe van die volk speel. (Mt.5:3)