Print this page

Christene neem deel aan protes teen besuiniging

'n Netwerk van Christene wat teen regeringsbesnoeiings werk, het ministers aangemoedig om nie 'die armes te straf vir die sondes van die rykes' nie. Christianity Uncut http://christianityuncut.wordpress.com/ het Sondag saam met duisende mense van baie godsdienste of geen in Londen, Belfast en Glasgow opgeruk vir 'A Future That Works'. Die groep het gesê dat baie kerke die uitwerking van groeiende armoede, werkloosheid en haweloosheid in hul eie gemeenskappe aanskou. Hulle doen 'n beroep op Christene om aan die voorpunt te wees van veldtogte wat na alternatiewe soek, soos 'n onderdrukking van korporatiewe belastingontduiking, die kansellasie van die Trident-kernwapenstelsel en 'n beperking op huurgeld in die private sektor. Sally Rush, van Milton Keynes, het by die optog in Londen aangesluit en gesê: 'As 'n Christen, sowel as deel van die breër samelewing, glo ek dat ek 'n verantwoordelikheid het om teen die oorsake van armoede te veg en te werk om die gevolge te verminder '

Bid: dat ons as Christene dit ons verantwoordelikheid maak om op te staan vir ons Christelike beginsels en ideale. (Ro.8:38a)

Meer: http://religiousintelligence.org/churchnewspaper/?p=28869